Op 26 Februarie 2020 het Moorreesburg Lions ‘n Langtafel-ete in die park in Langstraat gehou. Ongeveer 140 gaste het aangesit om ‘n sesgang maaltyd te geniet. Aangesien die geleentheid ten bate van die ACVV ouetehuise op Moorreesburg gehou is, het die dorp saamgespan om die Lions te ondersteun. Nie eers die ysige suidewind kon die feestelike atmosfeer in die park doodwaai nie en die baie gewilde sangpaar Wynand en Cheree het die gaste se harte warm gesing.
Die Lions bedank die gemeenskap vir hulle samewerking en spesifiek die volgende borge:
Malitha Joubert Spyseniering
Schreuder-Van der Merwe t/a Pauline Schreuder Spyseniers,
Moorreesburger en Plaas Tannie
Ruan van Heerden Spyseniering
Nicky Lategan Slagtery
Le Must Eatery_Martie du Plooy
De Stalle_ Irma De Jager
Swier_Wilinda Hanekom
Welkomdrankie en wyn deur Darling en Riebeek Kelder
Moorreesburg Spar
Hopefield Spar (HMO)
Check-In
Shoprite
CK YS_Leon van der Walt
Moorreesburg Sakekamer (Sekuriteit)
CEA skryfbehoeftes (druk van kaartjies)
Die Hut (Tafels)
Swartland Skou (Stoele)
Skaarland
De Villiers Betonvloere BK
HCT
FODB
Tip Trans
Heyns Apteek
Swartland Toilette
Moorresburg Wijnhuis
Moorreesburg & Koringberg Toerisme
HDU Leerders
En laaste maar nie die minste nie, die seremonie meester:
Claude Pretorius
Hesmarie, jy het ‘n wonderlike aand perfek vasgevang! Pragtige aand, Lions julle is die beste en Wynand en Cheree julle musiek was tops!!
Ja dankie. Dit was ‘n heerlike aand!